Wednesday, October 12, 2005
Liewe Jannie...
Kan jy onthou toe jy nog in die laerskool was en jy elke dag omtrent 10 briefies geskryf het aan jou maaitjies? Of toe jy vir jou Ouma nog moes “Dankie sê” briefies skryf vir al die geskenke wat sy gekoop het? Beter nog, kan jy die “ Sal jy met my kys?” briefies onthou? Met die toepaslike Ja en Nee blokkies, natuurlik. Briefies was jou grootste bron van kommunikasie. Jy kon dit inkleur, versier met verskillende kleure penne en skelmpies rond stuur in die klas of onder jou “kys” se bank gaan sit.
Die brief is ‘n vorm van kommunikasie wat al vir jare in gebruik is. Dit het begin as ‘n tekeninge op rotse deur die Grotmense en is later ontwikkel na die gebruik van die alfabet, ink en papier. Deesdae in die moderne lewe, waar alles kleiner, vinniger en makliker moet wees het ons die gebruik van Epos en SMS’e wat stadig maar seker die gebruik van die tradisionele brief vervang. Dit is so hartseer om dit te dink want, daar is vir my niks so deel van ‘n mens se persoonlikheid soos ‘n brief nie. Dit is vir my een van die lekkerste dinge in die wêreld om te doen. Om op my bed te gaan sit, my gedagtes te orden en dit neer te lê ,met baie liefde ,vir die een wat dit gaan ontvang. Jy kan jou beste Sondag skrif gebruik of net vinnig ietsie krap. Jy kan prentjies by teken soos blommetjies , hartjies of stokmannetjies wat soen. Jy kan prente plak, woorde highlite, ondersteep, omkring net wat jy wil. Jou opsies is so wyd soos wat jou kreatiwiteit strek. As iemand ‘n brief van jou ontvang het jy iets vir daai persoon gegee. Jy het tyd gevat, moeite gedoen en van jouself gegee. Jy het nie net vinnig voor die rekenaar ingespring en ‘n paar woorde getik nie.
Daar is tog nog lekkerder dinge as om ‘n brief te skryf, en dit is om een te ontvang. Al daai afwagting. Jy loop na die posbus toe. Jy laat die pos uit en sien ‘n brief met jou naam op. Jou hartjie bons en jy wonder dadelik wat se geheime daarin opgesluit is. (Behalwe natuurlik as dit ‘n brief van die bank is of enige vorm van ‘n rekening!) Van waar in die wêreld dit vandaan kom, maar belangrikste nog, VAN WIE DIT IS! Dan kan jy die koevert gulsig oopskeur en die brief oor en oor lees, dit in ‘n boks bêre net om dit weer eendag te kan lees en daaroor te lag.
Alhoewel dit meer ekonomies, vinniger en makliker is om net vir iemand ‘n kort epos te stuur, is dit leweloos. Dis ‘n wit skerm met ‘n klomp swart letters op, niks anders nie. Daar is geen misterie, geen “magic”, geen persoonlikheid nie. Kom ons hou op om so lui te wees , tel ons penne op en skryf vir iemand vandag ‘n briefie. Glo my, dit sal hulle dag maak.
Pampie a.k.a. Ronelle Martin
Primaria en Seniors
Hoekom is Kasteel jou trots?
Dis my huis, my hart, my land! En hoe kan ek nie wil trots wees om in die beste koshuis op kompus te bly nie? Go Kasteel!
Watter konektasie koppel jy aan pers?
Die pers liquifruit druiwesappies van die Voorhuis. Dis my favorite en ek en my maaitjies stry altyd oor wie die laaste een in die yskas mag kry.
Waarmee wil jy die heel graagste die grootte bose grootmenswêreld ingaan?
My hemelse Pappa om my te dra, my liefde vir mense (asook stoute kindertjies) en Blertsie, my tjor, om my by al die plekke te bring waar ek moet wees.
Hoe lank was klein duimpie?
‘n Halwe sentimeter korter as Dawie die kabouter
Hoekom is Kasteel die beste Dameskoshuis op die PUK?
Ons is ‘n klomp amazing girls met ongelooflike baie potensaal wat ons hemelse Pappa dien en eer in alles wat ons doen
Maryke Eloff
Sport en Onder Primaria
Wat is jou motorjie se beste karaktereienskap en hoekom?
Lassie se beste eienskap is GEHOORSAAMHEID, want waarheen ek vir haar sê om te gaan, daar gaan sy.
Hoekom klop jou hart vinniger as jy aan Kasteel dink en oor haar praat?
Indien ek oor Kasteel praat of die woord Kasteel genoem word, verhoog my simpatiese aktiwiteite wat tot gevolg het dat daardie pers bloed in my sisteem vinniger deur my are vloei en sodoende verhoog dit my hart tempo.
Watter sin beskryf, jou gevoel teenoor jou koshuis die beste?
Want ons kan!
Dink jy pers is vir gefrustreerde mense motiveer jou antwoord?
Nee!! As jy na Kasteel kyk, wat die eerste gedagte is, as jy aan pers dink sal jy sien dat daar nie een gefrustreerde dame is nie.Pers laat m liewers aan “Royalty” dink.
Wie is die slimste een in die Adams family en gee asb ‘n rede virjou antwoord?
Die hand, hy/sy/dit kan niks verkeerd doen nie.
Elzaan Pretoruis
Finansies en Aktualiteit
As jy ‘n nuwe entertainment vir die girls kan skep wat sal dit wees. Bv ‘n Foefie-slide in die tuin?
‘n Springkasteel
Voltooi die liriek: Ek het vriende wat ek sien….
Ek is verslaaf aan my musiek
Waar is die vrugbaarste grond op die PUK waar jy ‘n R10 sal plant om te groei?
Beslis die wetenskaplike gebou! As ‘n granietbal van 300 kg kan dryf, dink ek hulle sal vir ons iets met daai R10 kan doen!
Kies: ‘n Romantiese getaway saam met Peter Pan of dat jy deur Superman gered word?
Beslis ‘n Romantiese getaway!
Het jy al ‘n wonderwerk ervaar? Brei uit asb.
Die son wat elke oggend opkom, met al sy kleure en NOOIT laat is nie
Glans-aand 2005
Deur Elani Willemse
Enkel-sêr 2005…‘n paar aande wat beslis groot opwinding gelewer het. Alle oë was op die twee wenkoshuise van 2004 om te sien of Kheik-Net hierdie jaar weer met die louere sal wegstap, maar tot almal se verbasing het nie Minjonet of Heimat, wat beide puik shows gelewer het en boonop die gehoor op hulle voete gehad het, onder die top drie in hulle onderskeie afdelings geëindig nie.
Talle studente voel dat die uitslae ‘n bietjie van ‘n teleurstelling was, en ons almal was baie hartseer omdat ons eie girls ongelukkig nie die top vyf gehaal het nie. Musikaal was kasteel se trotse verteenwoordigers absoluut fantasties, met van die suiwerste klanke en die pragtigste verwerkings, maar die girls is glo gepenaliseer omdat hulle te sag gesing het. Tog voel almal dat dit nie genoeg rede is om Kasteel uit die top vyf te skakel nie. Die top vyf dameskoshuise vir 2005 is aangekondig as Heide, Minjonet, Vergeet-my-nie, Wag-‘n-Bietjie en Wanda.
Die manne het ook groot opwinding gelewer toe Patria nie eers die top 5 gehaal het nie, en die hele kampus was in rep en roer oor die Aspoesterjie-verhaal van Overs wat vir die eerste keer in hulle geskiedenis die top 5 gehaal het…ja, dames, die manne het actually hierdie jaar geoefen!! Tog het Hombré gesorg vir bietjie chaos op die verhoog toe hulle besluit het om elke moontlike sêr-reël te breek deur ‘n klavier op die verhoog te dra, ongeveer 50 manne op die verhoog te hê, in hul koshuis drag op te tree en ‘n solis(met ‘n té stywe rokkie aan) wat nie in hul koshuis is nie, met ‘n mikrofoon te laat sing. Hierdie koshuis is met ‘n rekord van 60% gepenaliseer! (volgens ‘n anonieme bron is die Overs manne baie ongelukkig omdat hulle rekord gebreek is) Die top 5 manskoshuise is toe aangekondig as De Wilgers, Heimat, Laureus, Overs en (tot Kasteel se trots) ons liewe sleep, Veritas.
Die finaal is op die 5de Augustus gehou, en die gehoor is deur die gaskunstenaars Navi Redd, wat ‘n a capella groep van RAU is, vermaak, en as ek mag sê: Girls, hierdie manne KAN maar!!
Die wenners van enkel-sêr 2005 is (tot almal se verbasing) Vergeet-my-nie, en (verwonderde sug) Veritas. VMN is gevolg deur Wanda en W’nB, en Veritas deur De Wilgers en Laureus. Manne, ons is trots op julle!
Aan Nadri en die res van ons spokies, julle het Kasteel se naam hoog gehou, en ons almal weet dat julle verdien het om deel van die glans-aand te wees!
Puk-dagboek
Deur Elani Willemse
Hi girls! Indien jy dalk in daardie aaklige posisie sit dat jy nie weet wat om met jouself te maak nie, hier is ‘n paar idees wat jy in jou dagboek kan skryf…
Die konserwatorium bied elke semester ‘n konsertreeks aan, en hier is solank ‘n paar datums wat ek aan julle kan deurgee:
11 Augustus 19:30 - “Duitse Blaasorkes” in die Conserve-saal,
23 Augustus 19:30 - “Beurswennerskonsert” in die Conserve-saal,
4 September 15:30 - ‘n Sondag-middag van klassiek in die Conserve-saal
13 September 19:30 - “Caroline Oltmanns” (klavierspeler) in die Conserve-saal,
21 Oktober 19:30 - “Broadway & Beyond” in die Oudit,
27 Oktober 19:30 - “Potch trio” in die Conserve-saal, en
30 Oktober 15:30 - Kamermusiek van Beethoven, ens, in die Conserve-saal
**Die kaarjies is R20 vir die aand-koserte, en die Sondag-middag konserte is net R10.
Moenie van Alabama vergeet wat 17-19 Augustus optree nie! Daardie kaartjies word @ R30 verkoop.
Aardklop…feestyd kom al nader…
Deur Elani Willemse
O.k,ons almal weet dat Aardklop in die September/Oktober vakansie is, maar weet ons wat om te verwag van hierdie jaar se fees? Sure, dit beloof om die kuier-sessie van die jaar te wees, maar die shows wat hierdie jaar op die planke gaan kom beloof om van die beste nóg te wees!
Ek sal met elke Tiara uitgawe ‘n bietjie van ‘n oorsig gee oor ‘n paar van die shows, en so kan julle voorbereid wees op wat kom en vroegtydig kaartjies kry! Hierdie week fokus ek so bietjie op musiek, maar in die volgende uitgawe belowe ek so bietjie meer! Na elke oorsig is daar vyf-syfer telefoonnommer wat julle kan skakel om die kunstenaars se opinie oor die show te hoor…
Cut Glass: Recycle/Recytle
@ R65 by die Elgro-saal, 27-30 September & 1 Oktober
Die a capella groep vermaak feesgangers hierdie jaar met ‘n splinternuwe program wat saamgestel is uit ‘n klomp immergroen treffers wat in elke moontlike musiekstyl voorkom – vanaf jazz tot blues en Rock & Roll- en met hulle skerp sin vir humor beloof dit om ‘n treffer te wees! # 00215
Anna Davel: Godinne op die grondpad
@ R65 by Girls High, 27-30 September & 1 Oktober
Hierdie show is gebaseer op haar nuutste album met dieselfde titel, en kom 100% uit haar eie pen uit. Sy sing oor die liefde, laataandliedjies en oor kaalvoetgodinne en diep swart riviere. Ek kan met vertroue sê: die musiek sal beslis nie teleurstel nie! # 00205
Ddisselblom
@ R55 by kykNET, Gimmies, 27-30 September & 1 Oktober
Ddisselblom het beslis nie enige bekendstelling nodig nie! Hulle nuutste album verkoop soos soetkoek, maar dit beteken nie dat hulle ou gunstelinge soos Nikotien en kafeïen en Moervrou sal verwaarloos nie. Beslis die kyk werd!
# 00216
Eden - I got you
@ R60 by die Elgro-saal, 27-30 September & 1 Oktober
Suid-Afrika se eie boy band is nie net aangenaam om na te kyk nie, maar kan actually sing ook! Die manne is vol energie, en hulle mooi stemme is genoeg om enige girl se knieë lam te maak! # 00230
Navi Redd
@ R60 by die Elgro-saal, 27-30 September & 1 Oktober
Almal wat by die sêr-finaal was sal weet wie Navi Redd is…Vir die res van julle wat nie weet nie, hulle is ‘n klomp manne van RAU wat musiek maak deur self byklanke te vorm en dus a capella sing. Hulle is regtig fenominaal, en dit in alle gebiede: vermaak, humor, sang en natuurlik op die oog ook! # 00262
Nianell
@ R78 by Klip-ini-bos, 27-30 September
Met twee goue albums agter haar naam, asook twee goue Sama-pryse, is Nianell al goed gevestig in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf, en kan sy ook geklassifiseer word as een van Suid-Afrika se top sangeresse en liedjieskrywers. Met haar sielvolle stem en blote talent is dit onmoontlik dat Nianell ‘n gehoor kan teleurstel… # 00263
OppiAarde
@ R85 by die Krieketstadion, 1 Oktober
Hierdie show behels ‘n hele klomp van Suid-Afrika se nuutste en beste musikante en bands, en beloof om nóg groter as 2004 s’n te wees. Met vermaak in die vorm van Jan Blohm, Jack Hammer, **polisiekar, K’s Choice, Rooibaard, Chris Chameleon, Valiant Swart, The Narrow, Prime Circle, Tweak en nog vele meer beloof hierdie show om tien ure van pure adrenalien te wees! # 00266
**Bron: Aardklop 2005 brosjure.
Intervarsity Jolyt
- Emmé Reyneke
Die jaarlikse instelling tussen die PUKKE en KOVSIES het weereens soos elke jaar van te vore groot feestelikhede opgelewer. 12 en 13 Augustus 2005 is ‘n defnitiewe naweek om te onthou.
Die Fanie, of soos aan ons bekend - die vlei was deurtrek met PUKKE op die Vrydag in groot afwagting op die KOVSIES vir die “welcome” partytjie. Daar was rugby, netbal, hokkie en al die sportsoorte waaraan ons soms vergeet om te dink. Dit was ‘n kwessie van meer kuier as speel, want water in ‘n waterbottel het op sommige plekke in Vodka verander. Met Snowflake wat toe nooit gerealiseer het nie en die reën wat ingetree het, was al wat ‘n kuierplek was deurtrek met mense en rye wat tot in die strate gestaan het.
Vir die wat dalk al vergeet het, ja jy’s reg, die PUKKE het vir KOVSIES gewen met uitstekende rugby wat op die Saterdag plaasgevind het. Saterdag aand was mooi weer, dalk ‘n bietjie koud vir sommiges, maar dit het nie die studente weggejaag van die JOOL-plaas af nie, waar onder andere die Melktert Kommissie vir ons met ‘n paar deuntjies vermaak het.
Uit en uit was intervêr 2005 iets om te onthou en as jy dit só wil sien, ‘n verskoning vir groot kuier, partytjie en jolyt!
Van waar oom Paul nie wou opstaan tot Potchefsroom
Dis daai verskriklike temerige CD van Jurie Els. Ek praat nou nie van een van die 30 Vat-Vat CD’s nie. Dis die CD’s waar hy baie baie baie dankie sê vir sy mamma en op die ander een waar hy baie baie baie dankie sê vir sy pappa. “Hoe sê mens dankie, na soveel jaar?” Ek weet, dit gee my ook ‘n pyn in die regter artrium van my hart.
Miskien moet ek maar net vir ou Jurie sy plekkie in die son gun en oor gaan tot die punt. Ons nuwe huispappa en huismamma. Oom Hermanus Jacobus (met ‘n c, nie ‘n k nie…) wat op Hertzogville grootgeword het en tannie Johanna Petronella, van Bloemfontein, het sommer vinnig in ons harte ingekruip. Bitty en ek het die voorreg gehad om by hulle aan huis te kon gaan. Oom Herman-hulle is toe met ‘n paar ongemaklike vragies gepeper.
Die oom met die rustige stem hou van die sterre. Hy het gesê dat hy volgende keer vir ons sal wys as daar weer ‘n wonderwerk in die gewelf gebeur. Verder hou hy van bonsai boompies – terapeutiese stem en groen vingers?!! Goed gedoen. Vermurwe = die woord wat die gevoel wat jy in jou binneste ervaar as jy iets mooi sien, beskryf. “Enigiets met wiele.” Dit is wat oom Herman se hart laat vermurwe. Nog iets wat hom sommer klein laat voel is wanneer mense goed is vir ander mense. ‘n Groot man met ‘n klein hartjie. Die lysie van goeie einskappe word al hoe langer. ‘n Pa so na elke dame se hart. Al leef sy ouers nie meer nie, is hulle steeds in sy gedagtes. Wat hulle gedoen het en die nagedagtenis wat hulle agter gelaat het inspireer hom vandag nog. Die Woord, die mense na aan hom en hopelik ook Kasteel in nog inspirasies in sy lewe. “Dis amazing as jy weet dat ander mense jou nodig het.” Dit was een van die hoof oortuigings wat hom en sy gesin laat besluit het om deel van die adelike familie te word. Albei van hulle is baie dankbaar om hier te wees en hulle wens is om beskikbaar te wees vir ons. Oom Herman was, soos alle jong skoolverlatende mans eers weermag toe. Daar was hy deel van die valskermbatteljon. Om uit ‘n vliegtuig uit te spring is een van die mees gewaagde dinge wat hy al moes doen.
Oom Herman se storie sal net nie volledig wees sonder tannie Ronel nie. Tannie Ronel se broer het hulle aan mekaar voorgestel. Soos oom Herman dit beskryf “a match made in heaven” ahhhhhhhh, jy sien, dis nou tipies wat my hart sal laat vermurwe. Twee mense wat vir mekaar lief is. Liefde is dan ook die dryfkrag agter haar bestaan. And again the crowd goes aaaaahhhhhhhhhhhhhhhh. Filosofiese boeke en boeke met ‘n religieuse inslag is tannie Ronel se gunsteling leesstof. Sy en oom Herman luister na enigiets van die Beatles tot Dean Martin tot Westlife en Steve Hofmeyer. Net Jazz en kletsrym (a.k.a. rap) kon hulle nog nie beïndruk nie.
kleef Soos ‘n kleuter aan sy ma se rokspant, kleef daar sekere stigmas aan mense, nou ja, volgens tannie Ronel is een van die mees onware stigmas wat aan ma’s kleef die feit dat hulle deur hulle kinders wil presteer. Daar is wel sommige, maar verseker nie almal nie.
As hy so deur die water gly met sy bruin gespierde lyf en daai sterk arms wat die water agter hom wegstoot soos Hulk met die huise maak snak menige meisies én tannie Ronel ook na hulle asems. Glo is oom Herman bewus van tannie Ronel se Ryk Neetling-maak-my-knieë-lam-sindroom. Gelukkig weet ons dis gesond, want kyk, mooi was nog nooit lelik nie. ‘n Laaste vragie wat aan albei hierdie formidabele mense gevra is, was wat hulle as een van die trotste oomblikke in hulle lewe sover sal beskou. Oom Herman het ‘n paar vir ons genoem. Toe sy vader en moeder by sy gradeplegtigheid was, die geboorte van sy dogters, om saam met mense te werk, sy huis en wat hy in alle tereine van sy lewe bereik het. ‘n Mens het soveel om voor dankbaar te wees. Tannie Ronel kon nie ‘n spesifieke oomblik uitsonder nie. Vir haar is elke jaar in retrospeksie ‘n trots. Oral waar sy sukses bereik het in haar lewe en veral verhoudings is haar trots.
Dis met trots dat ek en Bitty die woning van die Kasteelhuisouers verlaat. Ons kan net op ons knieë gaan, en ons Groot Pappa daarbo prys vir die manier hoe Hy vir ons en ons koshuis sorg, ook met hierdie pragtige ouerpaar wat vir die volgende paar jare ons gaan lei en help vorm om ware dames in die grootmens wêreld te word.