Van waar oom Paul nie wou opstaan tot Potchefsroom
Dis daai verskriklike temerige CD van Jurie Els. Ek praat nou nie van een van die 30 Vat-Vat CD’s nie. Dis die CD’s waar hy baie baie baie dankie sê vir sy mamma en op die ander een waar hy baie baie baie dankie sê vir sy pappa. “Hoe sê mens dankie, na soveel jaar?” Ek weet, dit gee my ook ‘n pyn in die regter artrium van my hart.
Miskien moet ek maar net vir ou Jurie sy plekkie in die son gun en oor gaan tot die punt. Ons nuwe huispappa en huismamma. Oom Hermanus Jacobus (met ‘n c, nie ‘n k nie…) wat op Hertzogville grootgeword het en tannie Johanna Petronella, van Bloemfontein, het sommer vinnig in ons harte ingekruip. Bitty en ek het die voorreg gehad om by hulle aan huis te kon gaan. Oom Herman-hulle is toe met ‘n paar ongemaklike vragies gepeper.
Die oom met die rustige stem hou van die sterre. Hy het gesê dat hy volgende keer vir ons sal wys as daar weer ‘n wonderwerk in die gewelf gebeur. Verder hou hy van bonsai boompies – terapeutiese stem en groen vingers?!! Goed gedoen. Vermurwe = die woord wat die gevoel wat jy in jou binneste ervaar as jy iets mooi sien, beskryf. “Enigiets met wiele.” Dit is wat oom Herman se hart laat vermurwe. Nog iets wat hom sommer klein laat voel is wanneer mense goed is vir ander mense. ‘n Groot man met ‘n klein hartjie. Die lysie van goeie einskappe word al hoe langer. ‘n Pa so na elke dame se hart. Al leef sy ouers nie meer nie, is hulle steeds in sy gedagtes. Wat hulle gedoen het en die nagedagtenis wat hulle agter gelaat het inspireer hom vandag nog. Die Woord, die mense na aan hom en hopelik ook Kasteel in nog inspirasies in sy lewe. “Dis amazing as jy weet dat ander mense jou nodig het.” Dit was een van die hoof oortuigings wat hom en sy gesin laat besluit het om deel van die adelike familie te word. Albei van hulle is baie dankbaar om hier te wees en hulle wens is om beskikbaar te wees vir ons. Oom Herman was, soos alle jong skoolverlatende mans eers weermag toe. Daar was hy deel van die valskermbatteljon. Om uit ‘n vliegtuig uit te spring is een van die mees gewaagde dinge wat hy al moes doen.
Oom Herman se storie sal net nie volledig wees sonder tannie Ronel nie. Tannie Ronel se broer het hulle aan mekaar voorgestel. Soos oom Herman dit beskryf “a match made in heaven” ahhhhhhhh, jy sien, dis nou tipies wat my hart sal laat vermurwe. Twee mense wat vir mekaar lief is. Liefde is dan ook die dryfkrag agter haar bestaan. And again the crowd goes aaaaahhhhhhhhhhhhhhhh. Filosofiese boeke en boeke met ‘n religieuse inslag is tannie Ronel se gunsteling leesstof. Sy en oom Herman luister na enigiets van die Beatles tot Dean Martin tot Westlife en Steve Hofmeyer. Net Jazz en kletsrym (a.k.a. rap) kon hulle nog nie beïndruk nie.
kleef Soos ‘n kleuter aan sy ma se rokspant, kleef daar sekere stigmas aan mense, nou ja, volgens tannie Ronel is een van die mees onware stigmas wat aan ma’s kleef die feit dat hulle deur hulle kinders wil presteer. Daar is wel sommige, maar verseker nie almal nie.
As hy so deur die water gly met sy bruin gespierde lyf en daai sterk arms wat die water agter hom wegstoot soos Hulk met die huise maak snak menige meisies én tannie Ronel ook na hulle asems. Glo is oom Herman bewus van tannie Ronel se Ryk Neetling-maak-my-knieë-lam-sindroom. Gelukkig weet ons dis gesond, want kyk, mooi was nog nooit lelik nie. ‘n Laaste vragie wat aan albei hierdie formidabele mense gevra is, was wat hulle as een van die trotste oomblikke in hulle lewe sover sal beskou. Oom Herman het ‘n paar vir ons genoem. Toe sy vader en moeder by sy gradeplegtigheid was, die geboorte van sy dogters, om saam met mense te werk, sy huis en wat hy in alle tereine van sy lewe bereik het. ‘n Mens het soveel om voor dankbaar te wees. Tannie Ronel kon nie ‘n spesifieke oomblik uitsonder nie. Vir haar is elke jaar in retrospeksie ‘n trots. Oral waar sy sukses bereik het in haar lewe en veral verhoudings is haar trots.
Dis met trots dat ek en Bitty die woning van die Kasteelhuisouers verlaat. Ons kan net op ons knieë gaan, en ons Groot Pappa daarbo prys vir die manier hoe Hy vir ons en ons koshuis sorg, ook met hierdie pragtige ouerpaar wat vir die volgende paar jare ons gaan lei en help vorm om ware dames in die grootmens wêreld te word.
0 Comments:
Post a Comment
<< Home