Tiara

Saturday, May 20, 2006

NOEM DIT MAAR ‘NO NAME’

Roscherr Maritz

Uit pure verveeldheid het ek die afgelope vakansie my Cast-away DVD uitgehaal, wat ek vyf jaar gelede oor leserskring bestel het, en dit vir die hoeveelste keer gekyk. Na twee ure van Tom Hanks wat met sy beste vriend Wilson, ‘n sokkerbal, sinvolle en diepe gesprekke voer, het ek besluit…dis wat ek wil hê!

En so, vasberade gaan ek uit om ‘n naam en persoonlikheid aan iets plastieks en “made in china” te gee. Ek probeer toe my haardroër, waaier, straightner en die gebedskamer se besem…maar niks…hulle spreek net nie tot my nie! Vasberade verlaat ek toe maar my kamer in die gat om inspirasie elders te gaan vind, maar loop myself vinnig vas teen die sexyste stuk 1.5 m karton op kampus, genaamd Johnny the Rapist. Ek stap verby Mr. Die lamppaal, sien Mavis deur die draaihek gaan en skrik toe iemand uit blok J vertel hoe sy die vloer met Dawid gaan vee. Ek dink toe, die arme man, en stap verder tot by my fiets, wat ek in ‘n oomblik van kreatiwiteit heel oorspronklik “fiets”gedoop het. Nogsteeds op my missie vat ek die pad, en ry in die parkeerterrein verby een van my kinderhelde, Lassy, gewaar Blertsie met sy CG nommerplaat en sien hoe Aanloop ‘n groepie dore na hul gunsteling uithangplek, die Friendly Grocer toe aanry.

Dit is toe net daar dat ek besef dat ek nie die enigste een was met die blink idée nie…maar wel die enigste een wat oor die onvermoë beskik om die idée uit te voer. Skielik voel ek soos ‘n Cast-away in ‘n koshuis vol Wilsons…en maak myself toe maar reg vir die verveelde lewe waar stoffer, Stoffer is en my ketel Tannie ketel sal moet bly.

1 Comments:

At 3:35 PM, Blogger Helé said...

Hey Rocherr.. Dis Helé...
Ek mis jule amal al so baie dat ek mar op die puk website rondkrap vir 'n brokkie inligting oor hoe dit nog met jule gaan..
Dis toe dat ek op die Tiara en jou nuttige stuk skryfwerk afkom..
Dis baie oulik!! hehe
mis jule jerries!!!
stuur groete vir amal!

 

Post a Comment

<< Home