Tiara

Saturday, May 20, 2006

Rooi Tamaties hoort in die Yskas

Bitty Viljoen

Ek stap Sondag oggend uit die erediens uit en my oog vang ‘n tannie wat haar panty uit haar boud trek. Sy het ‘n netjiese Queens Park pakkie aan, ‘n Guess handsak slinger om haar arm en sy trippel moeilik op haar nuwe Nine West hakkies. My lippe begin ‘n glimlag vorm, een van daai wat net jou een mondhoek oplig, en ek dink… “ ja, ons is almal maar net mense…”

Hoeveel keer gee ons nie voor om iets te wees wat ons nie is nie, ek praat nie nou van daai oeroue storie van “wees net jouself” nie, ek verwys nou na die kere wat jy so gebloos het dat mens nie jou gesig tussen ‘n kas ryp tamaties sou kon uitken nie. Dit bly vir my ‘n raaisel, hoekom bloos ons as ons oor die laaste trappie steier, voel of die wêreld om jou ineen stort omdat jy perongeluk ‘n windjie laat uitglip het of waarom bly ons net strak voor ons staar, kompleet soos iemand met ‘n stywe nek, as jou kar vrek langs die adonis met die BMW?

Hoe meer ek oor die onderwerp na dink, hoe meer bring dit herineringe aan tye wat ek gewens het, “wêreld sluk my net in!” Maar dan sien ek ook in my geestes oog hoe mense al dubbelgevou het, trane afgevee het en selfs hul koeldrank uitgespoeg het van die lag. Dis hier waar ek ‘n antwoord op die raaisel vind. Die wêreld het nodig om te lag en “embarrassing moments” is unieke oomblikke wat geleentheid hiervoor gee. Volgende keer as jou stoel nie daar is as jy gaan sit nie, jou rompie opwaai as jy deur loverslane stap of boomwortels jou laat struikel, gin die ander hul plesiertjie! Val oor jou voete erger as wat nodig is, bloos bloedrooi en lag dan verleë, môre is dit weer jou beurt om vir iemand anders te lag.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home