Tiara

Saturday, May 20, 2006

Die ondier lans jou bed!

Cecilia Scholtz

Is dit die brullende, gillende ondier langs jou kop wat elke oggend ‘n paar honderd dessibels deur jou skedel jaag? Dalk die onvermydelike ritueel van nog ‘n gejaade week of dag wat begin? Of is jy een van daardie handjie vol mense wat uit die bed uit dans, uitbundig, bly soos ‘n kalfie wat reen ruik met ‘n lied in die hart al huppelend na die eerste periode op ‘n maandagmore?
Dis ‘n feit. Opstaan op ‘n tergende koue Maandagoggend is nie iets wat in elke student se lyf steek nie. Dis ‘n onderwerp wat die skrywers van Kreatiewe Entrepeneurskap 221 nagelaat het om te cover.
Ek wonder of dit die soeke na alternatiewe bronne van lewenslus en energie is wat soveel studente elke dagbreek in nimmereindigende toue voor die kiosk in die ss laat staan om ‘n blikkie, boksie of stafie energie te koop. Red Bull is danksy energielose mense soos studente, ‘n multi-miljoen dollar innovasie van die Coca-Cola Company. Fast Forward, kompleet met sy digverpakte, blougekleurde Chinese Affrodisiac kern is sedert sy ontstaan, ‘n energie stafie wat vinnig sy plek tussen die ander sjokolades op die winkelrakke opgeëis het, en Peter Styvesant is byna almal se boesemvriend.
Party gee hulle wiskunde, plantkunde of rek dosente, wat eentonig ‘n klomp werk op ‘n verbeeldinglose manier teen die projekteerskerm gooi, die skuld. Ander sê dis die lewe op die PUK van te veel party, te min slaap en te hul baie probleme. Daar is selfs die bietjie wat meen dat dit onnodig is. Onvermydelik, maar tog gebeur dit elke oggend soos ‘n neurotiese ritueel.
Die feit bly staan, Maandag is vir baie studente die dag van die week wat hulle wens Chuck Norris plant ‘n bom in die NW, sodat hulle kan teruggaan na hulle veilige warm bed vir net nog ‘n uurtjie se drome droom. Nou wonder ek…
Wat laat jou opstaan en jou moee lyf moeisaam voortsleep terwyl jy aan 101 redes kan dink om nie na jou klas toe te gaan nie? Is jy dalk een van die min mense wat nie kan wag dat die son soos ‘n ryp granaat oopbreek en sy strale die horison in rooi en geel toevou nie? Of is die opwinding van jou vriendinne se kommentaar oor die dosent se kompak verpakte boudjies in sy Chino die ding wat jou laat huppel?
Gelukkig is die mens wat sy vreugde in die Here vind en vir wie die dag van more soos ‘n toegedraaide pakkie onder ‘n lower kersboom staan, wagtend dat die skat daarin ontdek moet word. Ek beny jou…

0 Comments:

Post a Comment

<< Home