Kasteel se hart gesteel - Cupido die enigste verdagte
Elani Willemse
Almal wat so gelukkig was om die eerstejaarskonsert tydens O&B by te woon, het 'n totale kultuurskok gekry toe Kaskanade se adonis van liefde, Cupid, kaal bo-lyf op die verhoog aansgeweef kom op sy wolk, blinkende vlerkies en al! 'n Hele paar dames was so in vervoering dat hulle seker ook gevoel het asof hulle sweef gedurende daardie split-sekonde toe hulle van hulle stoele afval. En het die man ook dan nie 'n hele paar harte vinniger laat klop nie!?
Ek het die voorreg gehad om Mnr. Cupid self te ontmoet. Ek moet nogal sê: ek was effens angsbevange toe ek die man bel om hom te vra of ek hom 'n paar vragies kan vra!
Jaco le Roux, 'n eerstejaar in De Wilgers, het my vanaf my eerste telefoon gesprek met hom die indruk gegee dat hy 'n mannetjie is wat meer is as net 'n aantreklike gesig. En na ons eerste ontmoeting kan ek eerlik sê dat dit wel so is...
Ek het hom gebel om te hoor of ek hom iewers kan ontmoet om hom 'n paar vragies te vra vir die Tiara. So is dit toe afgespreek dat ons mekaar die Woensdag voor Superbowl by die i-café sal ontmoet... (Ai, die arme Seerotte mag ook nêrens gaan nie....)
En dit is wat ek van die man geleer het tydens ons ontmoeting:
Sy koshuis bynaam was aanvanklik Adonis, maar om die een of ander onverklaarbare rede het dit later verander na Cupid, en hy swot BA Regte. Toe ek hom vra wat hy met sy graad wil doen as hy klaar is, was sy antwoord baie eerlik: "Ek weet nog nie."
Sy akademie is vir hom 'n hoë prioriteit. Maar darem is die outjie iemand wat bietjie meer doen as net in boeke vaskyk... Hy is ook betrokke by De Wilgers se SJGD-projek by Witrand, en speel eerste span hokkie vir sy koshuis. En buiten dit, weet hy ook hoe al die seniors op sy gang hulle koffie drink! (wat ek persoonlik dink in enige eerstejaar se guns tel!!!)
Ek het hom ook bietjie uitgevra oor sy rol as Cupido:
As iemand wat deur sy vriende beskryf word as 'n skaam outjie, was dit vir hom nogal moeilik om die rol van die egoïstiese Meneer Cupid aan te leer, wat deur Jaco beskryf word as die manlike weergawe van 'n los meisie. Maar vir iemand wat geen drama-agtergrond het nie, kan almal saamstem dat hy homself goed van sy taak gekwyt het!
0 Comments:
Post a Comment
<< Home