Tiara

Wednesday, October 12, 2005

Intervarsity Jolyt

- Emmé Reyneke

Die jaarlikse instelling tussen die PUKKE en KOVSIES het weereens soos elke jaar van te vore groot feestelikhede opgelewer. 12 en 13 Augustus 2005 is ‘n defnitiewe naweek om te onthou.

Die Fanie, of soos aan ons bekend - die vlei was deurtrek met PUKKE op die Vrydag in groot afwagting op die KOVSIES vir die “welcome” partytjie. Daar was rugby, netbal, hokkie en al die sportsoorte waaraan ons soms vergeet om te dink. Dit was ‘n kwessie van meer kuier as speel, want water in ‘n waterbottel het op sommige plekke in Vodka verander. Met Snowflake wat toe nooit gerealiseer het nie en die reën wat ingetree het, was al wat ‘n kuierplek was deurtrek met mense en rye wat tot in die strate gestaan het.

Vir die wat dalk al vergeet het, ja jy’s reg, die PUKKE het vir KOVSIES gewen met uitstekende rugby wat op die Saterdag plaasgevind het. Saterdag aand was mooi weer, dalk ‘n bietjie koud vir sommiges, maar dit het nie die studente weggejaag van die JOOL-plaas af nie, waar onder andere die Melktert Kommissie vir ons met ‘n paar deuntjies vermaak het.

Uit en uit was intervêr 2005 iets om te onthou en as jy dit só wil sien, ‘n verskoning vir groot kuier, partytjie en jolyt!

0 Comments:

Post a Comment

<< Home