Glans-aand 2005
Deur Elani Willemse
Enkel-sêr 2005…‘n paar aande wat beslis groot opwinding gelewer het. Alle oë was op die twee wenkoshuise van 2004 om te sien of Kheik-Net hierdie jaar weer met die louere sal wegstap, maar tot almal se verbasing het nie Minjonet of Heimat, wat beide puik shows gelewer het en boonop die gehoor op hulle voete gehad het, onder die top drie in hulle onderskeie afdelings geëindig nie.
Talle studente voel dat die uitslae ‘n bietjie van ‘n teleurstelling was, en ons almal was baie hartseer omdat ons eie girls ongelukkig nie die top vyf gehaal het nie. Musikaal was kasteel se trotse verteenwoordigers absoluut fantasties, met van die suiwerste klanke en die pragtigste verwerkings, maar die girls is glo gepenaliseer omdat hulle te sag gesing het. Tog voel almal dat dit nie genoeg rede is om Kasteel uit die top vyf te skakel nie. Die top vyf dameskoshuise vir 2005 is aangekondig as Heide, Minjonet, Vergeet-my-nie, Wag-‘n-Bietjie en Wanda.
Die manne het ook groot opwinding gelewer toe Patria nie eers die top 5 gehaal het nie, en die hele kampus was in rep en roer oor die Aspoesterjie-verhaal van Overs wat vir die eerste keer in hulle geskiedenis die top 5 gehaal het…ja, dames, die manne het actually hierdie jaar geoefen!! Tog het Hombré gesorg vir bietjie chaos op die verhoog toe hulle besluit het om elke moontlike sêr-reël te breek deur ‘n klavier op die verhoog te dra, ongeveer 50 manne op die verhoog te hê, in hul koshuis drag op te tree en ‘n solis(met ‘n té stywe rokkie aan) wat nie in hul koshuis is nie, met ‘n mikrofoon te laat sing. Hierdie koshuis is met ‘n rekord van 60% gepenaliseer! (volgens ‘n anonieme bron is die Overs manne baie ongelukkig omdat hulle rekord gebreek is) Die top 5 manskoshuise is toe aangekondig as De Wilgers, Heimat, Laureus, Overs en (tot Kasteel se trots) ons liewe sleep, Veritas.
Die finaal is op die 5de Augustus gehou, en die gehoor is deur die gaskunstenaars Navi Redd, wat ‘n a capella groep van RAU is, vermaak, en as ek mag sê: Girls, hierdie manne KAN maar!!
Die wenners van enkel-sêr 2005 is (tot almal se verbasing) Vergeet-my-nie, en (verwonderde sug) Veritas. VMN is gevolg deur Wanda en W’nB, en Veritas deur De Wilgers en Laureus. Manne, ons is trots op julle!
Aan Nadri en die res van ons spokies, julle het Kasteel se naam hoog gehou, en ons almal weet dat julle verdien het om deel van die glans-aand te wees!
Puk-dagboek
Deur Elani Willemse
Hi girls! Indien jy dalk in daardie aaklige posisie sit dat jy nie weet wat om met jouself te maak nie, hier is ‘n paar idees wat jy in jou dagboek kan skryf…
Die konserwatorium bied elke semester ‘n konsertreeks aan, en hier is solank ‘n paar datums wat ek aan julle kan deurgee:
11 Augustus 19:30 - “Duitse Blaasorkes” in die Conserve-saal,
23 Augustus 19:30 - “Beurswennerskonsert” in die Conserve-saal,
4 September 15:30 - ‘n Sondag-middag van klassiek in die Conserve-saal
13 September 19:30 - “Caroline Oltmanns” (klavierspeler) in die Conserve-saal,
21 Oktober 19:30 - “Broadway & Beyond” in die Oudit,
27 Oktober 19:30 - “Potch trio” in die Conserve-saal, en
30 Oktober 15:30 - Kamermusiek van Beethoven, ens, in die Conserve-saal
**Die kaarjies is R20 vir die aand-koserte, en die Sondag-middag konserte is net R10.
Moenie van Alabama vergeet wat 17-19 Augustus optree nie! Daardie kaartjies word @ R30 verkoop.
Aardklop…feestyd kom al nader…
Deur Elani Willemse
O.k,ons almal weet dat Aardklop in die September/Oktober vakansie is, maar weet ons wat om te verwag van hierdie jaar se fees? Sure, dit beloof om die kuier-sessie van die jaar te wees, maar die shows wat hierdie jaar op die planke gaan kom beloof om van die beste nóg te wees!
Ek sal met elke Tiara uitgawe ‘n bietjie van ‘n oorsig gee oor ‘n paar van die shows, en so kan julle voorbereid wees op wat kom en vroegtydig kaartjies kry! Hierdie week fokus ek so bietjie op musiek, maar in die volgende uitgawe belowe ek so bietjie meer! Na elke oorsig is daar vyf-syfer telefoonnommer wat julle kan skakel om die kunstenaars se opinie oor die show te hoor…
Cut Glass: Recycle/Recytle
@ R65 by die Elgro-saal, 27-30 September & 1 Oktober
Die a capella groep vermaak feesgangers hierdie jaar met ‘n splinternuwe program wat saamgestel is uit ‘n klomp immergroen treffers wat in elke moontlike musiekstyl voorkom – vanaf jazz tot blues en Rock & Roll- en met hulle skerp sin vir humor beloof dit om ‘n treffer te wees! # 00215
Anna Davel: Godinne op die grondpad
@ R65 by Girls High, 27-30 September & 1 Oktober
Hierdie show is gebaseer op haar nuutste album met dieselfde titel, en kom 100% uit haar eie pen uit. Sy sing oor die liefde, laataandliedjies en oor kaalvoetgodinne en diep swart riviere. Ek kan met vertroue sê: die musiek sal beslis nie teleurstel nie! # 00205
Ddisselblom
@ R55 by kykNET, Gimmies, 27-30 September & 1 Oktober
Ddisselblom het beslis nie enige bekendstelling nodig nie! Hulle nuutste album verkoop soos soetkoek, maar dit beteken nie dat hulle ou gunstelinge soos Nikotien en kafeïen en Moervrou sal verwaarloos nie. Beslis die kyk werd!
# 00216
Eden - I got you
@ R60 by die Elgro-saal, 27-30 September & 1 Oktober
Suid-Afrika se eie boy band is nie net aangenaam om na te kyk nie, maar kan actually sing ook! Die manne is vol energie, en hulle mooi stemme is genoeg om enige girl se knieë lam te maak! # 00230
Navi Redd
@ R60 by die Elgro-saal, 27-30 September & 1 Oktober
Almal wat by die sêr-finaal was sal weet wie Navi Redd is…Vir die res van julle wat nie weet nie, hulle is ‘n klomp manne van RAU wat musiek maak deur self byklanke te vorm en dus a capella sing. Hulle is regtig fenominaal, en dit in alle gebiede: vermaak, humor, sang en natuurlik op die oog ook! # 00262
Nianell
@ R78 by Klip-ini-bos, 27-30 September
Met twee goue albums agter haar naam, asook twee goue Sama-pryse, is Nianell al goed gevestig in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf, en kan sy ook geklassifiseer word as een van Suid-Afrika se top sangeresse en liedjieskrywers. Met haar sielvolle stem en blote talent is dit onmoontlik dat Nianell ‘n gehoor kan teleurstel… # 00263
OppiAarde
@ R85 by die Krieketstadion, 1 Oktober
Hierdie show behels ‘n hele klomp van Suid-Afrika se nuutste en beste musikante en bands, en beloof om nóg groter as 2004 s’n te wees. Met vermaak in die vorm van Jan Blohm, Jack Hammer, **polisiekar, K’s Choice, Rooibaard, Chris Chameleon, Valiant Swart, The Narrow, Prime Circle, Tweak en nog vele meer beloof hierdie show om tien ure van pure adrenalien te wees! # 00266
**Bron: Aardklop 2005 brosjure.
0 Comments:
Post a Comment
<< Home