Mnr Kasteel....Spongebob!
Inge Stolz
Volgens die dames in die koshuis, maak 'n sekere geel, sponsagtige figuur, hul knieë behoorlik lam. Vir die wat nog nie die kloutjie by die oor kon kry nie, ek praat van niemand anders as Spongebob Squarepants nie, die cartoonmannetjie as iemand nog wonder. 'n Skokkende 6.59% dink hy aantrekliker as ons SR Voorsitter, De Wet Coetsee! Van die dames wou nie hul mening gee nie, uit vrees dat hul identiteit bekend gemaak sou word. Nadat hul verseker is dat die inligting volkome vertroulik is, het hulle maar baie saggies gefluister. Moet net nie dat iemand hoor nie…Ons sleep se HK-lid, Gerrie de Haas het aan die korste ent getrek. Jammer Gerrie, maar met Spongebob in die kompetisie, sal selfs Brad Pitt tweede kom! Daar het darem so 'n paartjies vir Gerrie gestem, 0.95% van die inwoners meen hy doen dit vir hulle.Ander mans wat vom die titel meegeding het is ons SR Voog, Lourens Venter, en van De Wilgers se HK Willie Killian en Jurie Schoeman. 'n Hele aantal inwoners wou weet waarom Ryno Steyn (De Wilgers Prim) nie deel was van die keuses nie, en 'n enkele siel het versoek dat Jurie Els ook 'n ou plekkie kry. Kort op die hakke van De Wet is Jurie Schoeman, met slegs 3.78% minder stemme. Lourens neem sy posisie mooi in die middel in met 11.32% stemme. As dit hier oor die oulikste of vriendelikste man was, het meeste gesê dat Willie hul eerste keuse sou wees.Wel, dit is nou alles goed en wel dat Spongebob die sexyste is, maar hy is binne niemand se bereik nie. Ek dink dit is veilig om te sê dat die julle nie tè verlief op hom moet raak nie, want daar sal ongelukkig niks daarvan kan kom nie. So dan moet julle maar ogies maak vir De Wet of Jurie (dis nou Schoeman).